Tuesday, April 29, 2008

The song "de la Rey" of Bok Van Blerk



http://www.youtube.com/watch?v=UGh4lA1S7yc

Op ‘n berg in die nag,
Lê ons in donker en wag,
In die modder en bloed, lê ek koud,
‘n Streepsak en reën kleef teen my,

En my huis en my plaas,
Tot kole verbrand sodat hulle ons kan vang,
Maar daai vlamme en vuur brand nou diep,
diep binne my…

De la Rey, De la Rey,

Sal jy die boere kom lei
De la Rey, De la Rey,
Generaal, Generaal,

Soos een man sal ons om jou val
Generaal De la Rey
Oor die Kakies wat lag,
‘n Handjie van ons teen ‘n hele groot mag,

En die kranse lê hier teen ons rug,
Hulle dink dis verby,
Maar die hart van ‘n boer,
Lê dieper en wyer hulle gaan dit nog sien,

Op ‘n perd kom hy aan…
Die leeu… van die Wes-Transvaal,
Want my vrou en my kind
lê in ‘n kamp en vergaan,

En die Kakies se murg loop oor ‘n nasie wat weer
op sal staan,
Generaal, Generaal…

Sal jy die boere kom haal
De la Rey, De la Rey,
Generaal, Generaal,
Soos een man sal ons om jou val

Generaal De la Rey

No comments: